Wat is vir jou belangrik in die lewe?

Geld? Gesondheid? Selfvervulling? Vriende & familie? Of al 4 hierdie aspekte..?

Dit is nie ‘n skande as geld vir jou belangrik is nie – elkeen werk hard vir sy geld en moet dit goed oppas sodat dit lewenslank kan hou. Jy moet goeie beleggings maak en sorg dat jy nie geld onnodig verloor nie. Eiendom is nog altyd ‘n goeie belegging. Dit gee ‘n dak oor jou kop, beskerm jou kapitaal en kan vir jou huurinkomste skep terwyl jy dit nie self gebruik nie.

Die Oog se huise bied uitstekende waarde vir geld en fantastiese kapitaalgroei vir diegene wat hier belê. Dit is ‘n deeltitelskema en die syfers spreek vanself.

Ons almal weet egter geld is nie alles nie. Hoe belangrik is jou gesondheid vir jou? Die Oog het ‘n volledige gesondheidsorgsentrum wat tuissorg en verswaktesorg aanbied, want jy weet nooit wanneer jy dit gaan nodig kry nie. Statistieke wys 20% van die bevolking benodig hulp met alledaagse lewenstake wanneer hulle ouer word en sowat 3% benodig verswaktesorg – maak seker dit is tot jou en jou wederhelf se beskikking, want die een gaan dalk nie daar wees om die ander te versorg nie.

Pla dit jou dat mense in ‘n aftree-oord intrek en dan lyk of hulle net wag om dood te gaan? Waarmee gaan jy jouself besig hou na aftrede? Dit maak sin om in ‘n gemeenskap in te trek waar daar ‘n geleentheid is om aktief te bly. Of jy nou in die gimnasium wil uithang, brug wil speel of Bybelstudie wil hou – daar is kore, stapgroepe, voëlkykers, naaldwerkgroepe en alles en nog wat by Die Oog. Vergelyk dit met ander aftreeplekke en maak ‘n ingeligte besluit.

3177 vriende en familielede van die ongeveer 500 inwoners van Die Oog het deur die Desembervakansie kom kuier. Terwyl die grootmense om die braaivleisvure kuier het die kinders in die swembaddens, glybaan en borrelbaddens baljaar, die vakansieprogram geniet en die hele plek vol gespeel. By ander aftreeplekke mag gaste dikwels nie eers een nag oorslaap nie, wat nog te sê kuier vir ‘n week of langer! En kinders is daar “om gesien en nie gehoor te word nie…”

Dink anders oor aftrede – kom bly by Die Oog.

Share

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *