Vet pret onder die inwoners…

Foto's v inwoners1Die Oog inwoners het hul eerste Vrydagmiddag-speletjies gehou op 11 Januarie 2013.
Die middag was so suksesvol dat die beplande ‘middag speletjies’ eers in die donker ure klaar gemak het!
Die speletjies het om 14:00 reeds begin en daar was deurentyd  inwoners, personeel en selfs gaste besig om hulle gate uit te geniet met speletjies soos pluimbal, tafeltennis, bingo, skaak, rummycub, veerpyltjies en vinger-bakatel.

Al hierdie bedrywighede staan onder leiding van Mev. Gerda van der Walt, wat een van die komiteelede  van KVV (Klub Vlytige Voete) is.

 

Die inwoners is so entoesiasties dat dit blyk of die speletjies nou ‘n gereelde instelling gaan word!

Share

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *