Vet pret by die Halfpad-daar Karnaval

Die Oog se mense weet maar net hoe om ‘n fees te hou. Die Halfpad-daar Karnaval was nie ‘n uitsondering nie! Vrydagaand se bring-en-braai was ‘n hoogtepunt en Saterdag se skaapbraai en dans het nie teruggestaan nie.

‘n Voorlegging oor die geskiedenis van Die Oog van toeka tot nou het interessante feite aan die lig gebring, soos dat Eugene Marais op die plaas Rietfontein geloseer het, waarvan Die Oog ‘n deel is. Hy sou seker ook vandag kon aftree by Die Oog.

Vir inwoners en eienaars was dit ook insiggewend om te sien wat vir die toekoms beplan word en wat die ontwikkelaars se visie vir Die Oog is. Dit is onder andere om Die Oog Aftree-landgoed die beste aftree-oord in die land te maak. Die mense wat reeds by Die Oog aftree, weet dat ons goed oppad is daarnatoe.

Daar is foto’s van die Karnaval op Facebook by My Oupa en Ouma by Die Oog.

Share