Tipe huise

Beskikbare tipes huise

Die Oog bied ‘n verskeidenheid van tipes wooneenhede om in elke behoefte te voorsien. Tans is daar die volgende eenhede beskikbaar:

Fase 10

‘n Prima fase met groter huise op erwe met pragtige uitsigte in die bos en baie privaatheid. Die huise het 3 slaapkamers en party planne bied ‘n studeerkamer ook. 2 badkamers, dubbele motorhuise en ruim leefareas met onderdak stoepe met ingeboude braais is oral standaard. Die kombuise bied ook aparte opwasareas en spense by sommige tipes.

Fase 9

Fase 9 bestaan uit die gewildste grootte eenhede op Die Oog. Dit is langs die tentkamp geleë in ‘n baie mooi area. Die planne van die eenhede wissel tussen 2 en 3 slaapkamers, 2 badkamers, ‘n oopplan leefarea en kombuis, onderdak stoep met ingeboude braai. Die huise het teëldakke. Dit bied motor-afdakke wat omskep kan word in motorhuise. Kopers het ook ‘n keuse om ‘n addisionele motor-afdak op te rig.

Fase 8 (Uitverkoop)

Fase 8 word onder teen die berg oppad na die wildskamp gebou.  Daar word 13 huise gebou van 196.5 vkm elk. Die eenhede het teëldakke en die akkommodasie bestaan uit 3 slaapkamers met 2 badkamers en ‘n dubbele motorhuis. ‘n Onderdak stoeparea is ingesluit.

Fase 7A en B (Uitverkoop) – enkele herverkope beskikbaar

Fase 7A en B word langs die koueswembad ontwikkel en gesamentlik word daar 42 huise gebou. Die huise wissel tussen 92.5 vkm en 152.5 vkm en het teëldakke. Die akkommodasie wissel vanaf 1 slaapkamer en 1 badkamer tot 3 slaapkamers en 2 badkamers. ‘n Onderdak stoeparea is ingesluit. Kopers het ‘n keuse van planne met of sonder motorhuise.  Addisionele motor-afdakke is beskikbaar en in sommige gevalle is ‘n ekstra motorhuis moontlik.

Fase 5 (Uitverkoop) – enkele herverkope beskikbaar

Die eksklusiewe eenhede is teen die koppie van die wildskamp uitgesit en maak voorsiening vir die behoefte aan groter, luukser eenhede in ‘n moderne styl.  Groot oopskuif glasdeure is voorsien om die uitsig ten beste te kan benut.

Fase 4 (Uitverkoop) – enkele herverkope beskikbaar

Hierdie fase bestaan uit 28 nuutgeboude grasdakhuise. Die groottes wissel tussen 116 vkm en 151 vkm, wat ‘n enkel toesluit motorhuis en ‘n onderdak lapa insluit. Akkommodasie wissel tussen 2 en 3 slaapkamers met 2 badkamers, ‘n sitkamer, eetkamer en kombuis. Daar is keuses van binne-afwerkings en opsionele ekstras, soos insekskerms voor die vensters en deure. Geoutomatiseerde motorhuisdeure, ingeboude staal braaikaggels, drempellose storte en dakwaaiers met ligte is standaard items in hierdie huise.

Fase 3 (Uitverkoop) – herverkope beskikbaar

Fase 3 word ontwikkel in die ou Bosveld-karavaanpark en daar word 100 huise gebou. Die huise wissel tussen 89.4 vkm en 152.5 vkm. Die dakke van die eenhede is van chromadek en die akkommodasie wissel vanaf 1 slaapkamer en 1 badkamer tot 3 slaapkamers en 2 badkamers. ‘n Onderdak stoeparea is ingesluit. Kopers het ‘n keuse van planne met of sonder motorhuise.  Addisionele motor-afdakke is beskikbaar en in sommige gevalle is ‘n ekstra motorhuis moontlik.

Fase 2A (Uitverkoop) – enkele herverkope beskikbaar

Hierdie fase bestaan uit 27 nuutgeboude grasdakhuise. Die groottes wissel tussen 116 vkm en 151 vkm, wat ‘n enkel toesluit motorhuis en ‘n onderdak lapa insluit. Akkommodasie wissel tussen 2 en 3 slaapkamers met 2 badkamers, ‘n sitkamer, eetkamer en kombuis.

Fase 1B (Uitverkoop) – enkele herverkope beskikbaar

Die 16 huise in hierdie fase is nuut gebou en wissel tussen 154 vkm en 176 vkm. Die voorkoms is ‘n tradisionele plaasstyl wat inpas by die Bosveld-omgewing. Chromadek dakke word gebruik en die huise het groot stoepe wat na buite leef.

Fase 1A (Uitverkoop) – enkele herverkope beskikbaar

Die fase bestaan uit huise wat ontwerp is om die bestaande rondawels in te sluit. Die rondawel gedeelte bevat normaalweg die kombuis, eetkamer, badkamer en een slaapkamer. Een of twee vleuels word aangebou, na gelang van die behoefte van die koper en die spasie wat op die terrein beskikbaar is. Verdere toevoegings is ‘n motor-afdak en die moontlikheid van ‘n onderdak lapa met ingeboude braai.
Die eenhede wissel tussen ongeveer 100 vkm en 37.5 vkm uitgesluit die motor-afdak en die lapa. Daar is 200 huise in hierdie fase.

Heffingsbesonderhede

Die heffings beloop R2 100 tot R3 500 per maand (afhangende van die tipe huis).

Die heffing sluit die volgende in vir inwoners en hulle kuiergaste:

  1. Voorkomende gesondheidsorg en noodreaksie vir mediese noodgevalle;
  2. Sekuriteit en toegangsbeheer;
  3. Tuindienste en onderhoud van die geboue, insluitende dakke, verfwerk en terrein;
  4. Skoonmaakdienste een keer per week binne die huis;
  5. Waterverbruik, daaglikse vullisverwydering en elektriese aansluiting;
  6. Toegang tot busvervoer na die dorp en noodvoertuig indien nodig;
  7. Toegang tot die skoonheidspa, mediese spreekkamers en apteek;
  8. Gebruik van die swembaddens, sauna, rekenaar- en besigheidsentrum, teetuin, restaurant, dameskroeg, tennisbane, motorwas, mini gholf;
  9. Toegang tot wasgoeddienste;
  10. Toegang tot die wildskamp;
  11. Versekering op die geboue, beide die woning en die gedeelde fasiliteite (nie huisinhoud nie).
  12. Inwoners betaal self vir elektrisiteitsverbruik op ‘n voorafbetaalde meterstelsel, asook die eiendomsbelasting.

Voltooi asb al die velde in die onderstaande vorm en ons sal u kontak met verdere inligting:

Verification

Of skakel enige van ons agente direk:

Blaar Coetzee:   082 781 6917

Rudolf de Vos 083 453 9593

Elsabe Cronje:   082 568 1684

Rina Lombard:   082 723 5863

Share