Uitsoekgeleenthede by Die Oog

Daar is nog 5 uitstekende geleenthede vir kopers om huise in fase 3 van Die Oog aftree-landgoed te bekom. Hieronder word die “erwe” beskryf. Kontak ons vir inligting oor die boupryse.

F108 teen R440 000 (vir die grond) bied die geleentheid om ‘n drieslaapkamerhuis te bou van ongeveer 150 m². Die huis het 3 slaapkamers, 2 badkamers, ‘n enkel motorhuis, stoep met ingeboude braai, oopplan kombuis en leefarea. Die plan kan hier besigtig word: F108 kontrakplan.

F119 teen R440 000 (vir die grond) is op die kant van die ontwikkeling geleë. ‘n Huis van 120,5 m² met 2 slaapkamers, 2 badkamers en ‘n enkelmotorhuis kan hier gebou word. Daar is ook ‘n lekker stoep met ‘n ingeboude braai en ‘n oopplan kombuise en leefkamer. Die plan kan hier besigtig word: Die Oog Fase 3 Plan A5.

F120 teen R440 000 (vir die grond) is teen die grens en bied geleentheid om ‘n 164 m² huis met 3 slaapkamers, 2 badkamers en ‘n enkel- of dubbelmotorhuis te bou. Met die dubbel motorhuis is die oppervlakte meer. Die res van die huis behels ‘n oopplan kombuis en sit-/eetkamer en ‘n ruim onderdak stoep met ingeboude braai. Die plan kan hier besigtig word: F120 kontrakplan.

F116 teen R320 000 (vir die grond) bied die ideale geleentheid vir iemand wat ‘n kleiner huis wil bou met 2 slaapkamers, 2 badkamers, oopplan kombuis en sit-/eetkamer, onderdak stoep met ingeboude braai.  Oppervlak onder dak is 104.9m² sonder ‘n motorhuis. Die plan kan hier besigtig word: F116 kontrakplan.

F117 teen R365 000 (vir die grond) is soortgelyk as F116, met opsies om ‘n effe groter huis te bou.

Hierdie 5 “erwe” is die laastes wat in die fase van 100 te koop is, dan word die fase afgehandel. Bouwerk kan reeds teen November begin as alles goed verloop en die huise kan vanaf Junie 2016 betrek word.

Voltooi gerus die kontakvorm op die “Kontak ons”-bladsy van die webwerf en ons skakel jou vir ‘n afspraak.

Share
Posted in:

4 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *