So ‘n uitsig kry jy selde in ‘n aftree-oord

20130613_125502

Kliek op die foto om dit groter te sien.

In Fase 5 kyk ‘n mens uit oor die Bosveld landskap soos op die foto hierbo. Oral op Die Oog aftree-landgoed is daar groen areas waar geen huise gebou word nie. Dit skep ‘n gevoel van ruimte waarna baie mense smag en waarom baie van ons inwoners uit die stad na die platteland getrek het.

Jy hoef weinig van die geriewe van die stad op te offer om op Die Oog te kom woon, maar die voordele is daar baie. Die skoon lug, mooi natuurskoon, afwesigheid van verkeersprobleme tot die wonderlike vriendelike mense en die vakansie-oord atmosfeer waarin ‘n mens in hierdie unieke aftreeoord woon, is maar net ‘n paar om op te noem.

 

Share

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *