“Snoeityd is groeityd” Vrouekamp

Die vrouekamp wat die naweek van 13-14 April aangebied is op Die Oog,  was werklik ‘n verrykende ondervinding vol bederf en lekker saam kuier. Dames van Naboomspruit,  Witbank en Die Oog het die geleentheid wat deur Ronell Burger aangebied was bygewoon.   Die tema was “Snoeityd is groeityd” na aanleiding van Johannes 15 en was vol geestelike pitkos wat die dames aan kon smul.

P1040461

Leêrs is met baie liefde en sorg saamgestel deur komiteelede om vir elke dame te gee.  Baie dankie aan klub Vlytige Voete wat die spyseniering behartig het.  Die teegereggies en middagetes was smaaklik en baie keurig aangebied. Julle is voorwaar ‘n klomp staatmakers wat geseёnd is met vele talente.

Ons sien reeds uit na volgende jaar se vrouekamp, so as jy dit nie die jaar kon maak nie – hou asb ons webblad dop om nie die volgende een mis te loop nie.

P1040465

Share

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *