Bekendstelling nogmaals ‘n sukses

Die bekendstelling van Fase 4 van Die Oog aftree-landgoed het weer bevestig hoe gewild die landgoed onder kopers is. Tydens die bekendstelling is 7 van die 28 huise in Fase 4 verkoop en nog twee huise in Fase 3. Kopers het ‘n verdere 5 opsies geneem wat binnekort in verkope omskep behoort te word.

Die dag se verkope bring die totale verkope op 279 te staan, wat ‘n merkwaardige prestasie is in die ekonomiese klimaat van die afgelope 3 en ‘n half jaar.

Die suksesresep van Die Oog bly deurentyd goeie waarde vir geld en die bevrediging van eienaars en inwoners se behoefte aan ‘n ongeëwenaarde lewenstyl.

Kontak ons vir verdere inligting en om self te kom kyk wat Die Oog aftree-landgoed bied.

Share

Woon die bekendstelling by

Op Saterdag, 10 September 2011 word Fase 4 van die uiters suksesvolle Die Oog aftree-landgoed bekendgestel. Daar is reeds meer as 260 huise verkoop op die landgoed en meer as 240 permanente en semi-permanente inwoners woon al op Die Oog.

Kom word deel van hierdie gemeenskap, waar ‘n aktiewe leefstyl en gesonde sosiale interaksie aan die orde van die dag is. Kom leef jouself uit in die natuur en kry weer kans om jou familieverhoudinge op te bou in ‘n vakansie-oord atmosfeer.

Kontak ons om ‘n uitnodiging te ontvang deur die vormpie in te vul wat hier beskikbaar is – kontak my.

Share

Fase 3 bouwerk vorder goed

Bouwerk aan Fase 3 van Die Oog aftree-landgoed vorder baie goed. Daar is 16 huise in aanbou in die fase, waarvan sommige reeds by die afwerkingstadium is. Dienste-installasie sal binnekort afgehandel wees en dan sal bouwerk aan die volgende groep huise ook begin.

Daar is nog van hierdie huise beskikbaar om te koop. Kontak een van ons agente of voltooi die kontakvorm sodat ons u kan kontak indien u belangstel om meer uit te vind. Ons sal u graag op Die Oog wil ontvang om u rond te wys en van die nodige inligting te voorsien.

Kliek op die foto om die volledige foto te sien.

Share

Fase 2 byna voltooi

Die bouwerk op Fase 2 van Die Oog aftree-landgoed is bykans voltooi. Die voorbereiding van die grondwerke vir die bouwerk aan die laaste 3 eenhede is reeds in proses. Fase 4 word binnekort aangrensend aan Fase 2 bekendgestel met soortgelyke huise as in Fase 2.

Kliek op die foto om die volledige foto te sien.

Share

Fase 4 binnekort beskikbaar

Na die groot sukses van Fase 2 en 3, stel ons binnekort Fase 4 van Die Oog aftree-landgoed bekend. Dit gaan bestaan uit 26 nuwe grasdakhuise wat aangrensend aan Fase 2 ontwikkel word. Die planne en voorkoms is soortgelyk aan Fase 2, met ‘n paar aanpassings en nuwe huistipes wat beskikbaar gemaak is.

Fase 4 komplimenteer Fase 3, waar soortgelyke huise met Chromadek-dakke beskikbaar is. Nou kan u ‘n keuse uitoefen tussen die twee.

Voltooi die vorm hieronder indien u ‘n uitnodiging wil ontvang na die bekendstellingsfunksie. Ons sal binnekort meer inligting bekendmaak.

 

cforms contact form by delicious:days

Share