Ope dag en bekendstelling 12 Maart 2016

Op 12 Maart stel ons die 2e deel van ons nuutste fase by Die Oog aftree-landgoed bekend. Dit is fase 9, waar ons ‘n verskeidenheid van praktiese en lekkerleef-huisplanne het waaruit jy kan kies.

Die huise wissel van 60 tot 122 vierkante meter waarby die motorafdak van 20 vierkante meter getel word om die totale oppervlakte by 80 tot 142 vierkante meter te staan bring. Die motorafdak kan omskep word in ‘n toesluit-motorhuis.

Die huise bied 2 of 3 slaapkamers met 1,5 tot 2 badkamers, ‘n leefkamer, kombuis en lekker stoep met ‘n ingeboude braai. Meer besonderhede is hier te sien (kliek op die skakel).

Share

6 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *