Nuwe rioleringstelsel vorder goed

Ten spyte daarvan dat 2 onafhanklike ingenieurs bevestig het dat Die Oog Aftree-landgoed se riool infrastruktuur voldoende is vir die volle beplande ontwikkelingsprojek, het die ontwikkelaars besluit om ‘n nuwe, meer moderne rioolverwerkingsaanleg op te rig.

Die aanleg word opgerig teen ‘n koste van meer as R1,5-miljoen en behoort binnekort voltooi te wees. Dit maak van die mees moderne tegnologie gebruik en sal ‘n aanwins wees vir Die Oog aftree oord.

Share
Posted in: