Laaste eenhede beskikbaar

Die laaste paar eenhede in Die Oog aftree-landgoed se eerste fase en Fase 2A is nog beskikbaar. Na ‘n rekordmaand waarin 23 eenhede verkoop is, bly daar min oor om uit te kies. Die gelukkige kopers wat hierdie eenhede wil opraap, sal gou moet spring om by Die Oog uit te kom.

Van die eenhede in Fase 2A, wat op 19 Junie bekendgestel is, is slegs 4 eenhede oor en al 4 het reeds opsies op. ‘n Opsie is egter slegs tydelik en indien ‘n nuwe koper belangstel, moet die houer van die opsie binne 48 uur ‘n kontrak teken of die eenheid afstaan.

Daar is net 10 eenhede oor wat op die oorspronklike rondawels gebaseer is. Hierdie eenhede word vergroot na gelang van die koper se behoefte. Verskillende vertrekke kan aangebou word en die eenheid word geheel en al opgeknap. 6 van die 10 eenhede het ook opsies op.

Die eenhede in Fase 1B is almal uitverkoop en so ook die eenhede in Fase 1D.

Share