Kruistog na oorwinning

Vanaf Dinsdag 26 Maart tot Sondag 31 Maart kon die inwoners en vakansiegangers op Die Oog hulle paasfees herdenk met ‘n praktiese ervaring van die kruistog wat uitgestal was in 12 lokale van die mediese dienssentrum.

Ons het baie gedink en vertrou dat ons gedagtes deur die Vader gelei sou word om Sy doel met hierdie eerste Kruistoguitstalling by Die Oog suksesvol te laat plaasvind. Opgewonde het ons die stasies begin bou en was verras met die eindproduk en die waarderende kommentaar van die besoekers. Teen Donderdag het ons besef dat die beplande drie dae te min was en op aandrang van die inwoners en vakansiegangers het ons die Kruistog oopgehou tot Sondagmiddag.

pic9

Dankie vir al die goeie kommentaar, besoeke, en die 190 briefies wat teen die kruis vasgespyker is. Ons beplan om die briefies by die houtkruis in die wildskamp te begrawe en nooi almal uit om Sondag 5 Mei saam met ons hierdie Kruistogervaring gepas af te sluit. (Ons vertrek 07:30 vanaf die sirkel by die rugbyveld. Bring jou stapskoene en jou eie stoel. Daar is vervoer vir die wat nie sal kan stap nie.)

Die gewyde atmosfeer in die kamers wat versterk is deur die lieflike Taizé-agtergrondmusiek het elkeen van die besoekers op ‘n besonderse wyse aangeraak en menigte trane is gestort.

Baie dankie aan elkeen wat bygedra het om die Paasfees van 2013 ‘n onvergeetlike ervaring te maak.

pic2 pic3

Share

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *