Die einde van twee van Die Oog se nuutste fases kom vinnig nader. Tans is daar slegs 4 huise in fase 3 en 5 huise in fase 7 beskikbaar. In fase 8 is daar ook net 5 huise beskikbaar.
Geen verdere fases gaan bekendgestel word voordat die huise nie verkoop is nie. Fase 3 bied chromadek-dakke, terwyl fases 7 en 8 teëldakke bied. Daar is ‘n groot verskeidenheid van planne en die pryse wissel tussen R1,05-miljoen en R1,7-miljoen, afhangende van die grootte van die huis wat gebou word.
Skakel 014 743 4610 vir verdere inligting.
2 Comments