Skeie klap by Die Oog

Die skeie het op 15 Maart hier by Die Oog op ‘n prettige jukskeidag geklap. Inwoners, die personeel, Klub Vlytige Voete en die Trusteeraad het mekaar hier in ‘n “vriendskaplike” toernooi gepak, maar daar is geen genade gegee of gevra tydens die kompetisie nie.

Eers die aand by die heerlike bring-en-braai na die kompeterende middag was daar werklik weer sprake van vriendskap en gesellige verkeer. So groot was die belangstelling onder die inwoners dat hulle drie spanne ingeskryf en die meer as 100 inwoners die aand by die braai, is kenmerkend van die kultuur wat reeds hier by Die Oog gevestig is, nl dat dit ‘n aftreelandgoed vir aktiewe bejaardes is.

IMG_1853 IMG_1854 IMG_1873

 

 

 

 

Daar is vyf rondtes van 30 minute elk gespeel en die wenners van die onderskeie rondtes het toe weer teen mekaar uitgespeel onder die luide aanmoediging van ‘n geesdriftige skare toeskouers.

Dat ‘n mens versigtig moet koets vir die dames hier op Die Oog was duidelik toe Klub Vlytige Voete met die louere weggestap het en in ‘n spannende stryd eerste geëindig het.

Al die trofeë is deur een van die inwoners, Frans Espag, vir die jukskeiklub gemaak en geskenk. Die eerste plek is beloon met ‘n pragtige houttrofee en in die tweede plek is een van die inwonerspanne verras met ‘n yslike groot koek. Die derde plek het ook aan die inwoners behoort met nog ‘n mooi trofee en eers in die vierde plekke is die personeel se suur beloon met ‘n heerlike koek. Die Trustees was in ‘n verdienstelike vyfde plek met die inwoners se C-span in die sesde plek. Die span wat laaste gekom het is letterlik met die tradisionele houtlepel beloon.

IMG_1880

Die houtlepel

[caption id="attachment_1714" align="alignleft" width="150"]IMG_1881 Die wenspan trofee

 

 

 

 

 

 

Die Jukskeiklub hier by Die Oog gaan van krag tot krag en hier is al vier jukskeiputte waar daar elke middag geesdriftig gespeel word.

Share

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *