Huise in Fase 7B word opgeraap

Tydens die bekendstelling van die nuutste fase by Die Oog aftree-landgoed op Saterdag, 12 Oktober is bykans ‘n derde van die huise in die fase uitverkoop. Kopers het van heinde en verre opgedaag, party so ver as Bloemfontein, om eerste te wees om hulle huise te kies.

Talle ander kopers wat nie die naweek daar kon uitkom nie, het plek bespreek in die volgende twee weke om Die Oog te besoek en na die huise in die fase te kyk. Dit is maar die tweede fase teëldakhuise op die landgoed, nadat die vorige fases grasdakke en chromadek-dakke gehad het.

Daar is 23 planne in 3 reekse beskikbaar vir die fase. Elke reeks huise is ontwerp om vir verskillende liggings voorsiening te maak – die A-reeks se ingange is aan die Noordekant, die B-reeks se ingange aan die Suidekant en die C-reeks se ingange is Oos en Wes.

Skakel gerus die verkoopskantoor op 014 743 4610 om meer te wete te kom oor pryse, beskikbaarheid en enige ander vrae.

Share

4 Comments

  1. Ek stel belang in die huise wat te koop is of om te bou maar benodig meer inligting Ek het nou aftree ouderdom beriek en is moeg vir die stad

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *