Inwoners sê

Terugvoer van ons inwoners, huiseienaars en belanghebbendes:

Prof. Syd Eckley – voormalige hoofdirekteur van Bejaardesorg SA vir 18 jaar, lid van die advieskomitee van die Menseregte-kommissie oor die regte van ouer persone, Direkteur van die SA Ouer Persone Forum (die wettige stem van ouer persone in SA) en verteenwoordiger by die regering. Hy is konsultant in aktiewe veroudering aan ‘n verskeidenheid organisasies. Syd sê oor Die Oog:

Aftrede kom meestal teen ‘n prys, naamlik:

  • Ons moes hard werk, spaarsaam lewe.
  • Gesinne onderhou.
  • Kinders in staat gestel om ‘n geleerdheid te bekom.
  • Huis en motors koop.

Daar was nie altyd geld vir vakansie-hou nie. As afgetredene na 45 jaar in die veld van veroudering en dienste aan ouer persone is daar ‘n paar belangrike dinge vir my wanneer dit by ‘n aftreeplek kom:

  • Ek wil onafhanklik bly – beslis nie onder die voete van my kinders woon nie.
  • ‘n Veilige omgewing.
  • Wil my eie woning besit en sien hoe my kapitale belegging groei.
  • ‘n Omgewing wat my stimuleer om steeds te groei, nuwe dinge te leer en besig te bly.
  • Verseker wees dat wanneer ek hulp nodig mag hê, dit beskikbaar sal wees.
  • Dat ek dit alles enduit sal kan bekostig.
  • Dat my kinders en kleinkinders onbelemmerd sal kan kom kuier.
  • Dat ek God se natuur eerstehands kan ervaar.

Oog Aftree-landgoed is so ‘n plek. By Die Oog gaan jy jouself bederf met die dinge wat vir jou waarde het.
Soos Jan Spies se “koffie-kapitaal” van ouds, is Die Oog jou “Aftree-kapitaal”!

Daan & Elsabe Cronje en kleinkinders
Die rustige natuurskoon en wildlewe van Die Oog maak dit vir ons die ideale plek om te kom woon. Dit gaan gepaard met ‘n lekker klimaat wat nie te koud is in die winter nie. Ons kan enige tyd in die wildskamp gaan ontspan of die vo?llewe bewonder.
Hier het ons spasie om ons denke te verbreed en boonop voel of ons elke dag op vakansie is die hele jaar deur. Dit is ‘n plesier om in so ‘n landgoed te woon. Ons kinders en kleinkinders voel ook so en sien uit daarna om vir ons te kom kuier.
Die genesende waters van die warmbron is vir ons ‘n groot bonus.
Laaste maar nie die minste nie, is die vriendelike mense hier wat altyd vir hulle medemens ook tyd het.

 

Hansie & Alida Pretorius
Ons het op daardie stadium in ons lewe gekom waar ons besef hoe belangrik mediese versorging is. Dit was ons eerste oorweging om by Die Oog ‘n eenheid te koop. Die beskikbaarheid van verpleegpersoneel op die terrein en die wete dat daar selfs ‘n ambulans (pasiënt vervoer) is, sou ons dit nodig kry, speel ‘n groot rol.
Die veiligheid van die landgoed sonder dat ons agter heinings moet lewe is ook vir ons ‘n groot voordeel. Ons kan gaan stap sonder om oor ons skouers te kyk en wanneer ons weggaan is ons tuiste en ons besittings veilig.
Vir die prys wat ons betaal het, is ons baie tevrede met wat ons alles kry. Die natuurskoon, die wonderlike klimaat en skoon lug gaan vir ons ‘n welkome verbetering wees van waar ons vandaan kom.

 

Rian & Les Pauw
Ons woon tans op ‘n plaas en ons het na ‘n geskikte aftree-bestemming in ‘n landelike omgewing gesoek. Ons wil naby aan die dorp wees, maar nie in die dorp nie.
Die fasiliteite is natuurlik ook lekker. My man swem graag en gaan die swembad by Die Oog gereeld benut. Die rekenaarsentrum is veral vir hom baie aantreklik (intussen is hierdie diens deur die Beheerliggaam gestaak).
Vir my is die buitelewe baie belangrik en Die Oog se natuurskoon en wildskamp is ‘n groot voordeel.

 

Danie Combrinck
Ons hou al sedert 1968 vakansie by Die Oog en het dit nog altyd baie geniet. Nou kry ons die kans om hierdie spesiale plek ons permanente woning te maak! Dit bied boonop alles wat ek in ‘n aftree-oord soek.
Die Bosveld atmosfeer, rustige en gesonde omgewing en die regte klimaat is vir ons ‘n fantastiese kombinasie. Die omgewing rondom Die Oog is ook ideaal – daar is die talle natuurreservate, gholfbane, vakansie-oorde en alles en nog wat. Op die landgoed kan ‘n mens nie vra vir meer fasiliteite nie en die waarde vir geld sal jy nêrens klop nie.

Share

9 Comments

  1. Kan u asb vir my ‘n lys stuur van beskikbare huise om te koop en die gepaardgaande heffings? Ek sien elders op die webtuiste dat die heffing tussen R1400 en R2300 per maand beloop.
    Is daar tans plekke beskikbaar om te koop?
    Is daar tans plekke beskikbaar om te huur en teen watter prys?
    Baie dankie by voorbaat
    Nina-Lize

  2. Kan u vir my n pryslys stuur van al die woon eenhede wat beskikbaar is.
    Die groote, bouplanne. Pryse asook die heffings wat maandeliks betaalbaar is.
    Dit lyk regtig na die ideale aftree. Is daar plek op die vakansie oord waar ons kan inboek. Om so n dag of wat behoorlik na die oord te kan kom kyk om te besluit oor ons beleggings daar. By dankie by voorbaat. Marianne 0824933466

  3. Kan u my asseblief inligting gee oor huise te koop, verkieslik so naby moontlik aan swembad, asook .Pryse van huise asook maandelikse heffings.
    Groete

  4. Ons stel belang om by die Oog af te kom tree. Ek het sopas afgetree en is 63 jaar oud terwyl my vrou 57 jaar oud is.
    Stuur my asseblief n pryslys van die verskillende tipe eiendomme.
    Is daar eiendomme beskikbaar om te koop of te huur? Wat beloop gemiddelde huurgeld per maand?
    Ons beoog om gedurende Mei/Junie 2016 vir n week by die Oog te kom vakansie hou om sodoende te kan sien hoe dit daar lyk.
    Byvoorbaat dankie vir die samewerking.
    Piet Blignaut.

  5. Kan ons inligting kry oor eenhede wat te huur is en is daar plek vir ons die laaste naweek van April 2017?

  6. More kan u asb vir on meet besonderhede stuff or die Klein m
    Huise wat beskikbaar is on the loop en water uitgawes on sale he

  7. 1. Kan ek asseblief volledige huispryse kry sowel as die heffings en alle ander kostes vir permanente verblyf.
    2. Koste virKampering in eie tent/sleepwa/woonwa.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *