Op 10 Oktober het Mnr. Jas Hansen, een van die twee oorspronklike bouers van die Wynassiedam op Die Oog, ‘n gedenkplaat by die dam onthul. Jas Hansen en sy broer Wynand het die dam gebou in 1972 en die dam is gevolglik na hulle vernoem.
Die Ontwikkelaars van Die Oog aftree-landgoed het dit goedgedink om die gedenkplaat op te rig om toekomstige geslagte te herinner aan die geskiedenis van die dam. Jas Hansen het menige interessante staaltjies vertel uit die tydperk, onder andere hoe hy sy vrou op Die Oog ontmoet het.
As deel van die geleentheid en ter viering van Paul Krugerdag, het Mnr. Mauritz Hansen, ouer broer van die twee wat die dam gebou het, ‘n toespraak gemaak oor die geskiedenis van Paul Kruger.
Belangstellendes kan gerus die onlangs opgeknapte Kruger Museum besoek. (Kliek op die skakel vir meer inligting.)
-
Die Wynassiedam op Die Oog aftree-landgoed soos hy vandag daar uitsien.
-
Mauritz Hansen lewer ‘n toespraak oor Paul Kruger tydens die viering van Paul Krugerdag op Die Oog aftree-oord.
-
Jas Hansen vertel van die bou van die Wynassiedam op Die Oog aftree-landgoed en ook ander interessante staaltjies uit die tydperk.
-
Die gedenkplaat by die Wynassiedam op Die Oog aftree-oord.
-
Jas Hanse, Niel Cronje (ontwikkelaar) en Mauritz Hansen tydens die onthulling van die gedenkplaat by die Wynassiedam.
-
Jas Hansen onthul die gedenkplaat by die Wynassiedam op Die Oog aftree-landgoed.
-
Dries du Preez (ontwikkelaar), Jas Hansen, Niel Cronje (ontwikkelaar) en Mauritz Hansen tydens die onthulling van die gedenkplaat by die Wynassiedam op Die Oog aftree-oord.