Fase 7 bekendstelling is reuse sukses

Meer as 60 mense het die bekendstelling van Fase 7 op Saterdag, 23 Maart in die Olienhoutsaal bygewoon. Dit was die beste wat die saal nog gelyk het vir ‘n “launch”, met talle van die inwoners wat hulle kuns en stokperdjies uitgestal het. Van skilderye, mosaïek, houtwerk, beeldhouwerk, houtsneewerk, kwiltwerk en koperwerk tot scrapbooking is uitgestal.
Die doel van die uitstalling was om vir potensiële kopers te wys dat die inwoners van Die Oog nog aktief bly en ‘n wonderlike bydrae kan maak. Die koor het ook vir die gaste gesing terwyl die vakansiegangers om die swembad vermaak is en Klub Vlytige Voete jaffels en pannekoeke verkoop het. Dit was ‘n baie lekker atmosfeer en daar is sommer gou al 5 van die 24 nuwe huise verkoop.

Die fase is aan die Suidekant van die koue swembad en langs Fase 4 geleë. Die huise wissel van 3 slaapkamerhuise met 2 badkamers en ‘n toesluitmotorhuis tot huise met 1 slaapkamer en 1 badkamer, afhangende van die plan wat die koper kies. Dit sal die eerste huise met teëldakke wees wat op Die Oog verkoop word. Bouwerk begin in Julie en die eerste inwoners kan dalk al teen die einde van die jaar intrek.

Maak seker dat u ons so gou as moontlik kontak vir meer inligting sou u belangstel!  Gaan kyk ook gerus by fase 7 teëldakhuise vir dokumente en planne.

Share

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *