Na die groot sukses van Fase 2 en 3, stel ons binnekort Fase 4 van Die Oog aftree-landgoed bekend. Dit gaan bestaan uit 26 nuwe grasdakhuise wat aangrensend aan Fase 2 ontwikkel word. Die planne en voorkoms is soortgelyk aan Fase 2, met ‘n paar aanpassings en nuwe huistipes wat beskikbaar gemaak is.
Fase 4 komplimenteer Fase 3, waar soortgelyke huise met Chromadek-dakke beskikbaar is. Nou kan u ‘n keuse uitoefen tussen die twee.
Voltooi die vorm hieronder indien u ‘n uitnodiging wil ontvang na die bekendstellingsfunksie. Ons sal binnekort meer inligting bekendmaak.