Eerste registrasies in Fase 3

Die eerste eienaars se reg tot uitbreiding in Fase 3 van Die Oog aftree-landgoed is op 7 Junie 2011 geregistreer. Bouwerk in hierdie fase het reeds het reeds begin en die eerste inwoners sal voor die einde van die jaar al intrek.

Fase 3 word ontwikkel in die Bosveld karavaanpark en daar word 101 huise gebou. Die huise wissel tussen 76 vkm en 151 vkm en verkoop vir pryse tussen R725 000 en R1 082 000. Die dakke van die eenhede is van chromadek en die akkommodasie wissel vanaf 1 slaapkamer met 1 badkamer tot 3 slaapkamers met 2 badkamers. Minstens een motorhuis en ‘n onderdak stoeparea is ingesluit. Addisionele motor-afdakke is beskikbaar en in sommige gevalle is ‘n ekstra motorhuis moontlik.

Daar is reeds meer as 250 huise verkoop op Die Oog en meer as 116 inwoners woon al permanent daar. Hulle geniet hulle vakansie-oord leefstyl terdeë, want al die leefstylfasiliteite is reeds in gebruik geneem.

Die Midsorg-eenhede vir mense wat voltydse of deeltydse versorging benodig is nou beskikbaar om te koop of te huur en die verswaktesorg is reeds in werking.

Voltooi die onderstaande vorm en ons sal u kontak met verdere inligting:

My Fieldset
  1. (required)
  2. (valid email required)
 

cforms contact form by delicious:days

Share
Posted in: