Die Oog stel sewende fase bekend!

Die ontwikkelaars van Die Oog aftree-landgoed nooi u om hierdie geleentheid by te woon.

Datum: 23 Maart 2013
Tyd: 11:00 (met terreinbesoek vooraf van 8:00 af)
Plek: Die Oog aftree-landgoed te Naboomspruit, in die Olienhoutsaal

Waarom moet u dit bywoon? Die Oog groei van krag tot krag met meer as 380 huise wat reeds verkoop is in 4 jaar. Hierdie inwoners weet dalk iets wat u nie weet nie! Kom vind uit watter ongelooflike leefstyl Die Oog vir mense bo 50 bied. By Die Oog belê jy nie net in ‘n huis nie, want jy kry ook mediese gemoedsrus, ‘n vakansie-oord leefstyl, sekuriteit, wye oop ruimtes en die pragtige natuurskoon van ons 200 ha eiendom.

Slegs 24 teëldakhuise word in die nuwe fase bekendgestel. Okkupasie kan plaasvind later in hierdie jaar of vroeg in volgende jaar, wanneer die nuutgeboude huise voltooi is.

Laat weet asb. vir Anke Bos by anke.bos@engelvoelkers.com of per telefoon by 012 346 7777 indien u die geleentheid gaan bywoon. Beperkte oornag-akkommodasie is beskikbaar.

Share

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *