Die Oog is jou tuiste in die natuur

Vir die inwoners van Die Oog aftree-landgoed is dit ‘n voorreg en ‘n plesier om sommige van die wildsoorte sommer so tussen die huise te verwelkom. Dit is veral Njalas en Bosbokke wat gemaklik is om tussen die huise rond te beweeg sonder om te skrik of iemand te pla. Die tuine loop soms ‘n bietjie deur, maar dit is ‘n klein prys om te betaal om die natuur so eerstehands te beleef.

Njalas Fase 3

‘n Groepie Njalas wei rustig op ‘n grasperk by Dawie Spohr se huis in Fase 3.

Njalas Fase 1

‘n Njalabul en sy ooitjie by die tennisbane in Fase 1 naby die hoofingang.

 

 

 

 

 

 

 

Die veld in die wildskamp is nog in ‘n goeie toestand na die goeie reen en dit behoort die wild gemaklik deur die winter te sien.

Rooibokke

Rooibokke in Die Oog aftree-landgoed se wildskamp.

Kameelperde

Kallie en Marie, Die Oog se Kameelperdpaar. Hopelik is daar binnekort 3 Kameelperde in die wildskamp.

 

Share

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *