Die ideale aftree-huis nou by Die Oog

Op 15 Maart word fase 9 van Die Oog aftree-landgoed bekendgestel. Hierdie opwindende eenhede bied die ideale kombinasie van ruimte en waarde vir geld om jou aftrede soveel lekkerder te maak.

Elke eenheid het 2 slaapkamers, 2 badkamers, ‘n oopplan leefvertrek en kombuis waar daar genoeg spasie is vir ‘n eetkamertafel, asook ‘n onderdak stoep met ‘n ingeboude braai waar jy die Bosveld klimaat op sy beste kan benut. ‘n Enkel motorhuis is standaard en elke eenheid het ‘n private tuin en kombuiswerf.

Volledige besonderhede sal teen Dinsdag, 11 Maart op die webwerf wees. Kontak intussen jou agent om ‘n plek te bespreek vir die bekendstelling. Onthou, diegene wat dit bywoon het die eerste keuse! Skakel ons op 014 743 4610 of kliek hier vir al die agente se kontakbesonderhede.

Share

3 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *