Die Oog hou Halfpad-daar Karnaval

Oor die naweek van 24-26 Februarie 2012 hou Die Oog Aftree-landgoed die Halfpad-daar Karnaval om die vordering op die landgoed te vier en vooruit te kyk na wat nog kom. Die Karnaval is die breinkind van die huidige eienaars, wat graag aan ander wil wys waarom hulle gekies het om by Die Oog te kom aftree.

In die afgelope 3 jaar sedert Die Oog begin omskep is in ‘n aftree-landgoed, is meer as 300 huise op Die Oog verkoop, ‘n gemeenskap van amper 500 mense word gevestig en die  landgoed is besig om sy doelwit te bereik om as ‘n ikoon in die aftree-behuisingsmark in Suid-Afrika uit te staan.

Saterdagoggend tussen 10:00 en 12:00 word daar ‘n inligtingsessie aangebied in die saal waar gekyk word na die geskiedenis van Die Oog sedert 1903 en wat gebeur het van toe af tot vandag. Daar gaan ook ‘n vooruitskouing wees van die beplanning vir die volgende 3 jaar.

Belangstellendes sal alle inligting oor die behuisingsopsies op Die Oog eerstehands kan bekom en die geleentheid kry om met bestaande huiseienaars en inwoners, die Trustees van die Beheerliggaam, asook die bemarkingspan en die ontwikkelaars te gesels.

Vrydagaand is daar ‘n kenmekaar bring-en-braai en Saterdag na die inligtingsessie is daar allerhande aktiwiteite om na uit te sien. Laatmiddag hou ons skaapbraai en sluit die aand af met ‘n Valentynsdans.

Indien u die Karnaval wil bywoon, kontak gerus vir Alta Lewis by 014 743 4600 of skakel een van die bemarkingsagente – die inligting is onder “Kontak ons” op die webwerf.

Share

Verwys ‘n koper en word beloon!

Neem deel aan die “Verwys ‘n koper”-veldtog van Die Oog aftree-landgoed en verdien R2500 en ‘n naweek se gratis akkommodasie by Die Oog vakansie-oord. Voltooi die vorm met jou kopers se besonderhede en ons sal self met hulle kontak maak.

Elke suksesvolle verwysing word beloon!

Kliek hier om ‘n vorm te voltooi om kopers te verwys:

Continue reading

Share

Nuwe trustees verkies vir Die Oog aftree-landgoed

Tydens ‘n Algemene Jaarvergadering wat op Vrydag, 23 September by Die Oog aftree-landgoed gehou is, is 7 trustees deur die eienaars verkies.

Hulle is Gerhi van der Walt, Syd Eckley, Jan Ebersohn, Pieter Meyer, Gerhard Cordier, Servaas James  en Jock Veldhuysen. Syd Eckley is verkies as Voorsitter.

Die eerste trusteevergadering vind op 4 Oktober 2011 plaas.

Share

Bekendstelling nogmaals ‘n sukses

Die bekendstelling van Fase 4 van Die Oog aftree-landgoed het weer bevestig hoe gewild die landgoed onder kopers is. Tydens die bekendstelling is 7 van die 28 huise in Fase 4 verkoop en nog twee huise in Fase 3. Kopers het ‘n verdere 5 opsies geneem wat binnekort in verkope omskep behoort te word.

Die dag se verkope bring die totale verkope op 279 te staan, wat ‘n merkwaardige prestasie is in die ekonomiese klimaat van die afgelope 3 en ‘n half jaar.

Die suksesresep van Die Oog bly deurentyd goeie waarde vir geld en die bevrediging van eienaars en inwoners se behoefte aan ‘n ongeëwenaarde lewenstyl.

Kontak ons vir verdere inligting en om self te kom kyk wat Die Oog aftree-landgoed bied.

Share

Woon die bekendstelling by

Op Saterdag, 10 September 2011 word Fase 4 van die uiters suksesvolle Die Oog aftree-landgoed bekendgestel. Daar is reeds meer as 260 huise verkoop op die landgoed en meer as 240 permanente en semi-permanente inwoners woon al op Die Oog.

Kom word deel van hierdie gemeenskap, waar ‘n aktiewe leefstyl en gesonde sosiale interaksie aan die orde van die dag is. Kom leef jouself uit in die natuur en kry weer kans om jou familieverhoudinge op te bou in ‘n vakansie-oord atmosfeer.

Kontak ons om ‘n uitnodiging te ontvang deur die vormpie in te vul wat hier beskikbaar is – kontak my.

Share