Uitnodiging en program vir die Halfpad-daar Karnaval

Die Halfpad-daar Karnaval is ‘n unieke en eenmalige gebeurtenis waar ons terugkyk na wat op Die Oog gebeur het die afgelope 3 jaar en waarna die landgoed oppad is in die volgende 3 jaar. Ons gaan ook sommer 100 jaar terugkyk na waar die oorspronklike oord ontstaan het! Dit is die breinkind van die huiseienaars.

Jy kan vir die naweek kom of net Saterdag vir die dag by ons aansluit.

Daar is ‘n lekker sosiale PROGRAM wat al op Vrydag, 24 Februarie begin.

  • 14h00 tot 18h00 – Wildritte vir gaste en voornemende kopers elke uur – bespreek by Ontvangs.
  • 18h00 – Ken-mekaar bring-en-braai by die Tentkamp Lapa – bring eie eetgerei en vleis. Ons voorsien ‘n egte Bosveld vuur en gratis pap en sous. Tydens die aand sal Prof Syd Eckley, Voorsitter van die Beheerliggaam ‘n verwelkoming doen en die bekendstelling van Dion Nell, die Oordbestuurder vind ook plaas. Gaste sal die geleentheid kry om met hulle informeel te gesels.

Saterdag, 25 Februarie

  • 6h00 tot 9h00 – Wildritte vir gaste en voornemende kopers – elke uur. Bespreek by Ontvangs.
  • 8h00 tot 18h00 – Besigtiging van huise op Die Oog
  • 10h00 tot 12h00 – Inligtingsessie in die Olienhoutsaal oor Die Oog van Toeka tot nou. Waar kom ons vandaan en waar gaan ons heen? Aanbieding deur die ontwikkelaar en die bemarkers.
    Belangrik: Etekaartjies vir die Skaapbraai word na die aanbieding in die saal oorhandig aan gaste wat bespreek het.
  • 12h00 tot 18h00 – Musiek by die swembad
  • 13h00 – “chipping” golf vir mans, dames en kinders
  • 14h00 – Bingo
  • 15h00 – Spyker slaan – mans, dames en kinders
  • 16h00 – Toutrek
  • 16h30 – “musical chairs” en “Water aerobics”
  • 17h00 tot 20h00 Skaapbraai op die stoep – gratis vir almal wat bespreek het. (Kry Etekaartjies tydens die inligtingsessie 10h00 in die saal.)
  • 19h00 – Valentyn’s Karnaval en dans – informeel

Deur die dag is daar ‘n verskeidenheid stalletjies en ‘n biertuin.

Sondag, 26 Februarie

  • 9h00 – Kruiskerk in die Olienhoutsaal met die tema “Die Beste lê nog voor”.

Bespreek vir die Skaapbraai en Valentynsdans

Skakel 014 743 4600 en bevestig by Alta Lewis hoeveel mense julle is wat die Skaapbraai gaan bywoon of stuur ‘n e-pos met die nodige inligting na dieoog@dieoog.co.za. Kaartjies kos R50 per volwassene en R30 vir kinders onder 12. Dit sluit die dans in.

Ons verblyf is al amper heeltemal vol, so skakel so gou as moontlik 014 743 4600 (opsie 1) om plek te bespreek vir die naweek. Almal is nogsteeds welkom om net vir die dag by ons aan te sluit – enige dag van die naweek.

Share

Die Oog hou Halfpad-daar Karnaval

Oor die naweek van 24-26 Februarie 2012 hou Die Oog Aftree-landgoed die Halfpad-daar Karnaval om die vordering op die landgoed te vier en vooruit te kyk na wat nog kom. Die Karnaval is die breinkind van die huidige eienaars, wat graag aan ander wil wys waarom hulle gekies het om by Die Oog te kom aftree.

In die afgelope 3 jaar sedert Die Oog begin omskep is in ‘n aftree-landgoed, is meer as 300 huise op Die Oog verkoop, ‘n gemeenskap van amper 500 mense word gevestig en die  landgoed is besig om sy doelwit te bereik om as ‘n ikoon in die aftree-behuisingsmark in Suid-Afrika uit te staan.

Saterdagoggend tussen 10:00 en 12:00 word daar ‘n inligtingsessie aangebied in die saal waar gekyk word na die geskiedenis van Die Oog sedert 1903 en wat gebeur het van toe af tot vandag. Daar gaan ook ‘n vooruitskouing wees van die beplanning vir die volgende 3 jaar.

Belangstellendes sal alle inligting oor die behuisingsopsies op Die Oog eerstehands kan bekom en die geleentheid kry om met bestaande huiseienaars en inwoners, die Trustees van die Beheerliggaam, asook die bemarkingspan en die ontwikkelaars te gesels.

Vrydagaand is daar ‘n kenmekaar bring-en-braai en Saterdag na die inligtingsessie is daar allerhande aktiwiteite om na uit te sien. Laatmiddag hou ons skaapbraai en sluit die aand af met ‘n Valentynsdans.

Indien u die Karnaval wil bywoon, kontak gerus vir Alta Lewis by 014 743 4600 of skakel een van die bemarkingsagente – die inligting is onder “Kontak ons” op die webwerf.

Share

Verwys ‘n koper en word beloon!

Neem deel aan die “Verwys ‘n koper”-veldtog van Die Oog aftree-landgoed en verdien R2500 en ‘n naweek se gratis akkommodasie by Die Oog vakansie-oord. Voltooi die vorm met jou kopers se besonderhede en ons sal self met hulle kontak maak.

Elke suksesvolle verwysing word beloon!

Kliek hier om ‘n vorm te voltooi om kopers te verwys:

Continue reading

Share

Nuwe trustees verkies vir Die Oog aftree-landgoed

Tydens ‘n Algemene Jaarvergadering wat op Vrydag, 23 September by Die Oog aftree-landgoed gehou is, is 7 trustees deur die eienaars verkies.

Hulle is Gerhi van der Walt, Syd Eckley, Jan Ebersohn, Pieter Meyer, Gerhard Cordier, Servaas James  en Jock Veldhuysen. Syd Eckley is verkies as Voorsitter.

Die eerste trusteevergadering vind op 4 Oktober 2011 plaas.

Share

Bekendstelling nogmaals ‘n sukses

Die bekendstelling van Fase 4 van Die Oog aftree-landgoed het weer bevestig hoe gewild die landgoed onder kopers is. Tydens die bekendstelling is 7 van die 28 huise in Fase 4 verkoop en nog twee huise in Fase 3. Kopers het ‘n verdere 5 opsies geneem wat binnekort in verkope omskep behoort te word.

Die dag se verkope bring die totale verkope op 279 te staan, wat ‘n merkwaardige prestasie is in die ekonomiese klimaat van die afgelope 3 en ‘n half jaar.

Die suksesresep van Die Oog bly deurentyd goeie waarde vir geld en die bevrediging van eienaars en inwoners se behoefte aan ‘n ongeëwenaarde lewenstyl.

Kontak ons vir verdere inligting en om self te kom kyk wat Die Oog aftree-landgoed bied.

Share