Belê in jou toekoms

Begin nou die volgende hoofstuk in jou lewe

Verdien jy (of jou ouers) die gemoedsrus van ‘n sorgvrye aftrede in ‘n veilige, menswaardige omgewing? Wil jy in ‘n plek woon waar jou kinders en kleinkinders daarna uitsien om by jou te kom kuier? Sien jy nie kans vir ‘n tradisionele aftree-oord nie?

Jy het nou die geleentheid om een van die laaste 31 eenhede in Fase 1 van Die Oog aftree-landgoed te bekom. Met sy vakansie-oord leefstyl in die stil en rustige Waterberge, bied Die Oog ‘n gesogte leefstyl en ‘n uitstekende belegging. Of jy nou al gereed is om af te tree, of verkies om jou huis eers te verhuur, jy kan nie hierdie kans laat verbygaan nie.

Jou 2-slaapkamer huis naby die sentrale fasiliteite, waar jou tuindienste, weeklikse huisskoonmaak, watergebruik en nog meer  ingesluit is by die heffing, gaan jou slegs R690 000 kos. Jou belegging kan egter begin by so min as R385 000 om jou voet in die deur te kry en jou geleentheid te verseker.

Mediese fasiliteite is reeds in plek en die voltydse susters lewer ‘n voorkomende gesondheidsorgdiens en mediese noodreaksie. Tuissorg en verswaktesorg is beskikbaar op die perseel – kom kyk hoe lyk ons fasiliteite.

Al die huise leef na buitentoe sodat jy die natuur kan ervaar. Die staproetes en wildritte in ons 160 ha wildskamp sal verder sorg dat jy nooit vasgekeer voel nie en dat jou kleinkinders op “Oupa en Ouma se plaas” kan kom kuier. Boonop is daar warm en koue swembaddens, ‘n glybaan (“supertube”), jacuzzis en verskeie sportgeriewe. Inwonersklubs sorg vir sosiale vermaak wat insluit voëlkyk, naaldwerk, bingo, brug, hengel, lees, musiek en sportsoorte soos tennis, jukskei en gholf.

Kontak ons nou om hierdie en ander geleenthede te bespreek. Daar is ‘n verskeidenheid huisopsies om van te kies, maar maak gou om teleurstelling te voorkom.

Ons terreinplan van die beskikbare eenhede kan hieronder afgelaai word, asook die planne van die 2-slaapkamer huise, met 1 of 2 badkamers.

Die Oog Fase 1 laaste eenhede Maart 2011
Die Oog 2 slaap 1 badk in Fase 1 – Maart 2011
Die Oog 2 slaap 2 badk in Fase 1 – Maart 2011

My Fieldset
  1. (required)
  2. (valid email required)
 

cforms contact form by delicious:days

Share