Bekendstelling ‘n reusesukses

Fase 2A meer as 50% uitverkoop in 5 dae

Die nuwe huise op Die Oog aftree-landgoed is baie goed ontvang tydens die bekendstellingsfunksie op 19 Junie 2010. In die eerste 5 dae het 14 van die 27 eenhede nuwe eienaars gekry. Die aantreklike vakansie-oord leefstyl, mediese gemoedsrus en uitstekende beleggingswaarde wat Die Oog bied is die ideale kombinasie vir mense wat aktief wil bly na hulle aftrede.

Sowat 70 mense het die bekendstelling bygewoon. Die ontwikkelaars en bemarkers verwag dat die ander 13 huise in die fase binne die volgende maand uitverkoop sal word. Die eerste fase is reeds meer as 85% uitverkoop. Daar is nog net 24 eenhede in Fase 1A beskikbaar en 1 in Fase 2B.

Die eenhede in Fase 2A is ontwerp volgens die behoefte van kliënte wat oor die afgelope jaar navraag gedoen het vir groter eenhede by Die Oog. Die

eenhede wissel tussen 96 m2 en 133 m2 uitgesluit die lapa se oppervlak. Elke eenheid het ‘n onderdak lapa met ‘n ingeboude braai om die meeste te maak van die gematigde klimaat van die Waterberge. ‘n Motorhuis met ekstra ruimte vir stoorplek vorm ook deel van elke huisplan. Daarby word ‘n ekstra parkeerplek voorsien en ‘n afdak vir die parkeerplek is opsioneel.

Om in elke behoefte te voorsien is daar 11 verskillende planne om uit te kies. Die spesifikasies is van ‘n hoë standaard en daar is die geleentheid om verder op te gradeer. Elke huis het ‘n ommuurde kuierarea vir privaatheid wat dit ook moontlik maak om troeteldiere aan te hou.

Belangstellendes moet nie tyd verspeel nie – die eenhede gaan binnekort uitverkoop wees en ‘n soortgelyke ligging op die perseel gaan nie weer beskikbaar wees nie.

Kontak die agente by 014 743 4600 of 012 460 7775 vir meer inligting.

Share
Posted in: