Verwys ‘n koper en word beloon!

Featured

Neem deel aan die “Verwys ‘n koper”-veldtog van Die Oog aftree-landgoed en verdien R2500 en ‘n naweek se gratis akkommodasie by Die Oog vakansie-oord. Voltooi die vorm met jou kopers se besonderhede en ons sal self met hulle kontak maak.

Elke suksesvolle verwysing word beloon!

Kliek hier om ‘n vorm te voltooi om kopers te verwys:

Continue reading

Share

Koop nou, bou later

‘n Opwindende opsie is nou beskikbaar by Die Oog aftree-landgoed – koop eers jou “erf” en bou later die huis wanneer dit jou sak en jou beplanning beter pas. Kry so jou voet in die deur en kies die ligging waarvan jy die meeste hou.

Hierdie geleentheid is slegs beskikbaar in Fase 3, waar 55 van die 101 huise reeds verkoop is, daar opsies op geneem is, of die huise reeds in aanbou is om as voltooide eenhede te verkoop.

“Erf”-pryse wissel tussen R285 000 en R395 000. Belangstellendes moet dus vinnig spring om van die geleentheid gebruik te maak. Kontak die agente vir meer inligting.

Nota: Hier word verwys na ‘n “erf” ter wille van verstaanbaarheid. Die geleentheid om te bou wat verkoop word, staan bekend as ‘n “reg tot uitbreiding” wat in die aktekantoor gesedeer word aan die koper. Dit gee die koper die reg om ‘n deeltitel eenheid op te rig, wat dan in die koper se naam geregistreer word wanneer dit voltooi is.

 

Share

Nuwe trustees verkies vir Die Oog aftree-landgoed

Tydens ‘n Algemene Jaarvergadering wat op Vrydag, 23 September by Die Oog aftree-landgoed gehou is, is 7 trustees deur die eienaars verkies.

Hulle is Gerhi van der Walt, Syd Eckley, Jan Ebersohn, Pieter Meyer, Gerhard Cordier, Servaas James  en Jock Veldhuysen. Syd Eckley is verkies as Voorsitter.

Die eerste trusteevergadering vind op 4 Oktober 2011 plaas.

Share

Bekendstelling nogmaals ‘n sukses

Die bekendstelling van Fase 4 van Die Oog aftree-landgoed het weer bevestig hoe gewild die landgoed onder kopers is. Tydens die bekendstelling is 7 van die 28 huise in Fase 4 verkoop en nog twee huise in Fase 3. Kopers het ‘n verdere 5 opsies geneem wat binnekort in verkope omskep behoort te word.

Die dag se verkope bring die totale verkope op 279 te staan, wat ‘n merkwaardige prestasie is in die ekonomiese klimaat van die afgelope 3 en ‘n half jaar.

Die suksesresep van Die Oog bly deurentyd goeie waarde vir geld en die bevrediging van eienaars en inwoners se behoefte aan ‘n ongeëwenaarde lewenstyl.

Kontak ons vir verdere inligting en om self te kom kyk wat Die Oog aftree-landgoed bied.

Share

Woon die bekendstelling by

Op Saterdag, 10 September 2011 word Fase 4 van die uiters suksesvolle Die Oog aftree-landgoed bekendgestel. Daar is reeds meer as 260 huise verkoop op die landgoed en meer as 240 permanente en semi-permanente inwoners woon al op Die Oog.

Kom word deel van hierdie gemeenskap, waar ‘n aktiewe leefstyl en gesonde sosiale interaksie aan die orde van die dag is. Kom leef jouself uit in die natuur en kry weer kans om jou familieverhoudinge op te bou in ‘n vakansie-oord atmosfeer.

Kontak ons om ‘n uitnodiging te ontvang deur die vormpie in te vul wat hier beskikbaar is – kontak my.

Share